Skip to content

Sokker: Fransman Fernando da Cruz as Kaizer Chiefs se nuwe hoofafrigter aangestel

# Sokker: Kaizer Chiefs het Fernando da Cruz van 1 Julie aangestel as sy nuwe hoofafrigter op ‘n tweejaarkontrak. Die 54-jarige Frans-gebore Da Cruz volg Cedric Kaze en Khalil Ben Youssef op wat die klub die einde van die seisoen verlaat het. Hy het twee jaar gelede vir ‘n kort rukkie saam met Amakhosi gewerk voor hy by die Marokkaanse Sokkerfederasie aangesluit het waar hy as tegniese direkteur gedien het. Da Cruz se hulpafrigter is die 35-jarige Egiptenaar Mahmoud Abbas. Die span begin vandag weer met oefeninge.