# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het ‘n verhoging aangekondig in kontantbetalings aan die 48 lande wat aan vanjaar se Wêreldbekertoernooi deelneem – van net meer as 12-miljard- tot 14,4 miljard-rand. Dit volg na verskeie FIFA-lede glo gesê het die hoë koste van reis, belasting en algehele bedrywighede kan tot verliese lei. Elk van die 48 spanne sal nou 41,4-miljoen-rand vir voorbereidingskoste ontvang, terwyl hul kwalifiserende bonus nou tot 165-miljoen-rand elk verhoog sal word.
Sokker: FIFA verhoog kontantbetalings aan Wêreldbeker-lande tot R14,4-miljard