Skip to content

Sokker: FIFA bevestig alle spanne vir die Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam FIFA het al die spanne bevestig vir die Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika, wat Dinsdag afskop. Een-duisend-248 spelers sal 48 spanne verteenwoordig in 104 wedstryde in Kanada, Amerika en Mexiko, met die eindstryd op 19 Julie. FIFA sê 357 spelers het reeds aan minstens een toernooi deelgeneem, terwyl 891 die eerste keer sal deelneem. Craig Gordon van Skotland is die oudste speler in die toernooi op 43 jaar en 162 dae, en Gilberto Mora van Mexiko die jongste op 17 jaar en 240 dae.