Skip to content

Sokker: Dis Orlando Pirates teen Mamelodi Sundowns in die MTN8-eindstryd

# Sokker: Mamelodi Sundowns pak Orlando Pirates in die eindstryd van die MTN8. Die Brazilians het Golden Arrows 3-2 verslaan in hulle tweederonde-halfeindstryd in Durban. Sundowns dring deur danksy die weg-wedstryd-reël nadat die twee kragmetings 3-elk geëindig het. Pirates kort een oorwinning vir hulle vyfde agtereenvolgende MTN8-titel nadat hulle Sekhukhune United in Soweto 3 -0 verslaan het vir ‘n doelgemiddeld van 4-0 in die halfeindronde. Die eindstryd vind op 10 Oktober plaas op ‘n stadion wat nog bepaal moet word.