# Sokker: Manchester City hoop om hul deurmekaar seisoen op ‘n hoogtepunt af te sluit wanneer hulle vanmiddag teen Crystal Palace in die eindstryd van die FA-beker op Wembley-stadion speel. Hoofafrigter Oliver Glasner het Crystal Palace egter nuwe lewe gegee. Die Eagles het ‘n paar moeilike spanne verslaan, insluitend Millwall en Fulham, asook ‘n stewige oorwinning van 3-0 oor Aston Villa in die halfeindronde behaal. Palace speel vir die derde keer in die FA-bekereindstryd. In 1990 en 2016 het hulle as naaswenners teen die Manchester-span uit die stryd getree. Afskop is vanmiddag om 4.30.
Sokker: Crystal Palace pak Manchester City in eindstryd van FA-beker