# Sokker: CAF se tugraad het Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns vir verskeie oortredings beboet. Sundowns moet 1,8-miljoen-rand betaal en hul veiligheid verskerp nadat sy ondersteuners vroeër die maand op Loftus Versfeld slaags geraak het tydens hul wedstryd teen Esperance. Die Buccaneers kan met 1,3-miljoen rand beboet word nadat hulle nié deeglike sekuriteit vir hul MC Alger-wedstryd voorsien het nie. ‘n Aantal spelers is ook geskors en die beampte Ezekiel Matebula mag vir vier wedstryde nie optree nie weens wangedrag.
Sokker: CAF beboet Pirates en Sundowns voor halfeindstryd