Skip to content

Sokker: Barcelona gaan Messi vereer met huldeblykwedstryd op voltooide Camp Nou-stadion

# Sokker: Die Argentynse legende Lionel Messi gaan vereer word met ‘n huldeblykwedstryd op die Spaanse reus Barcelona se ikoniese stadion, Camp Nou, sodra opknappingswerk voltooi is. Hy het byna 20-jaar lank vir die span gespeel voor hy in 2021 na Paris Saint-Germain verskuif het. Messi het 520 doele aangeteken vir Barca en 34 titels verower, insluitend tien in La Liga en vier in die UEFA-Kampioeneliga. Die adjunk-president Elena Fort sê die huldeblyk moet plaasvind wanneer Camp Nou 100-persent voltooi is, en beskryf Messi as die beste speler in die klub se geskiedenis.