Sokker: Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, begin vanaand om sewe uur hul veldtog vir die 2026-Afrikabeker vir vroue in ‘n Groep B teen Tanzanië in Casablanca, Marokko. Die spanne het verlede jaar 1-elk gelykop gespeel in hul enigste vorige WAFCON-ontmoeting. Suid-Afrika se groep sluit ook die Ivoorkus en Burkina Faso in. Afrigter Desiree Ellis sê haar groep van 26 spelers beoog om ‘n sterk begin te maak in hul poging om die vasteland-titel terug te eis. Sy sê hulle sal nie Tanzanië en hul ander teenstanders in die Groep onderskat nie.
Sokker: Banyana begin WAFCON-aanslag teen Tanzanië