Skip to content

Sokker: Asiatiese Beker tot Desember 2027 uitgestel ná aanvalle in Saoedi-Arabië

Sokker: Volgende jaar se Asiatiese Beker is met meer as 11 maande uitgestel weens dodelike aanvalle in die gasheerland, Saoedi-Arabië. Die toernooi sou oorspronklik op 7 Januarie begin, maar sal nou eers op 23 Desember volgende jaar afskop. Die Asiatiese beheerliggaam, die AFC, sê die besluit is geneem in die lig van die huidige buitengewone omstandighede in die Midde-Ooste, insluitend aansienlike logistieke uitdagings en ontwrigtings in reisverkeer. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, moet nog die nuwe datums goedkeur.