Skip to content

Skool in Somerset-Wes skors 13-jarige ná mesaanval waarin twee leerders beseer is

# Die Hoërskool Helderberg in Somerset-Wes het ’n 13-jarige leerder geskors wat na bewering twee medeleerders verlede week met ’n mes gesteek het. Die tiener het vandag in die landdroshof in Somerset-Wes verskyn, en die saak is tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek. Die twee slagoffers is na die voorval vir behandeling na die hospitaal geneem. Die skool sê berading en ondersteuning is vir leerders gereël terwyl hulle vir hul eindeksamens voorberei.