# Sewe mense is dood in ‘n botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N4 in Mpumalanga. Die botsing het omstreeks 4-uur vanoggend plaasgevind. Drie mense in een taxi is onherkenbaar verbrand en vier mense in die tweede taxi het gesterf. Voorlopige verslae dui aan een taxi het ‘n sleepwa verloor voor die vragmotor daarteen gebots het, en ‘n ander taxi het daarna teen die vragmotor gebots. Nooddienste bly op die toneel en vrees die dodetal kan styg.
Sewe mense sterf in botsing tussen verskeie voertuie op die N4