Skip to content

Ses sterf in afsonderlike skietvoorvalle in Gauteng

# Die Gautengse polisie ondersoek twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle in die De Deur-polisiegebied in die Sedibeng-omgewing. Vier mans is gister in ‘n taverne in Thulamtwana doodgeskiet en ‘n vrou is gewond en hospitaal toe geneem. Twee mans is in ‘n afsonderlike voorval in Weilersfarm noodlottig geskiet. Die polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê niemand is in hegtenis geneem nie en die motiewe vir beide aanvalle word ondersoek.