Skip to content

Senior Gautengse misdaadintelligensiebeampte geskors oor bewerings van huishoudelike geweld

# ‘n Senior offisier van Gautengse Misdaadintelligensie, brigadier Roland Runganathan, is geskors oor ’n saak van huishoudelike geweld teen ‘n junior kollega met wie hy volgens berigte in ‘n romantiese verhouding is. Die polisie is tans besig met interne dissiplinêre prosesse. Die owerhede sê wanneer die ondersoek en tugproses afgehandel is, sal Runganathan se toekomstige indiensneming bepaal word.