Skip to content

SASSA-begunstigdes aangemoedig om e-Life-sertifiseringsplatform te gebruik

# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het begunstigdes van maatskaplike toelaes aangemoedig om die e-Life-sertifisering-selfbedieningsplatform te gebruik om lewensertifisering te voltooi. Die agentskap sê sommige begunstigdes kon nie toegang verkry nadat hulle in kennis gestel is om die bevestigingsproses te voltooi nie. SASSA sê die probleme is nou opgelos. Hy sê e-Life-sertifisering het ten doel om die maatskaplike toelaestelsel se integriteit te beskerm en die proses geriefliker te maak.