Skip to content

SAPD-kaptein borgtog van R50 000 toegestaan in bedrogsaak van miljoene

# Die Landdroshof in Pretoria het ‘n polisiekaptein verbonde aan die Beskermings- en Sekerheidsdienste, Johannes van Rensburg, borgtog van 50-duisend-rand toegestaan ​​op aanklagte van bedrog en diefstal. Die 53-jarige het na bewering die polisie se Finansiële Bestuurstelsel gemanipuleer om miljoene wat vir die reiskoste van presidensiële beskerming geoormerk was, te herlei. Die saak is tydens ‘n interne ondersoek ontdek, waarna hy geskors is. Die SAPD se Teen-Korrupsie-eenheid se ondersoek na die saak duur voort, en Van Rensburg moet weer op 30 Julie in die hof verskyn.