Skip to content

SAHPRA vra die publiek om vermeende newe-effekte van medisyne aan te meld

# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte doen ‘n beroep op pasiënte en gesondheidsorgwerkers om vermeende newe-effekte van medisyne aan te meld. Die oproep maak deel uit van die wêreldwye MedSafetyWeek-veldtog, wat tot 8 November duur. Aanmeldings kan deur die Med Safety-toepassing of deur middel van ‘n gesondheidsorgwerker gedoen word. Dit is nie nodig om seker te wees of die medisyne die simptome veroorsaak het voordat dit aangemeld word nie. Volgens SAHPRA help die verslae om die veiligheid van medisyne te monitor, moontlike risiko’s te identifiseer en, indien nodig, op te tree.