Skip to content

Rusland verskerp sy Oekraïne-bomaanvalle

# Die president van Oekraïene, Volodymyr Zelensky sê Rusland het 597 hommeltuie en 26 missiele in ‘n oornag-aanval op sy land gelanseer. Plaaslike owerhede sê ten minste twee burgerlikes is dood in die westelike Oekraïense stad Chernivtsi. Intussen het die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, in Noord-Korea aangekom vir ‘n vergadering met die land se leier, Kim Jong Un. Rusland se ministerie van Buitelandse Sake sê hy het die leier in die hawestad Wonsan ontmoet. Lavrov, wat die week se Suidoos-Asiatiese Nasies-beraad in Maleisië bygewoon het, sal na verwagting tot Sondag aanbly.