# Rugby: Australië se uitblinker-losvoorspeler, Rob Valetini, is weens ‘n kuitbesering nie beskikbaar vir Saterdag se derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus nie. Hy word deur Tom Hooper vervang. Taniela Tupou keer terug na die Wallabies se voorry in die plek van die beseerde Allan Alaalatoa. Die skrumskakel Nic White is terug in die span en hy vervang Jake Gordon, terwyl Dylan Pietsch as linkervleuel in die plek van die beseerde Harry Potter gaan diens doen.
Rugby: Wallabies-ster Valetini uit derde toets teen Leeus