# Rugby: Die vyfde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap sal na hierdie naweek se wedstryde vir ‘n maand onderbreek word vir die internasionale gleuf. Die Leeus en Glasgow Warriors speel vanaand teen mekaar in Skotland, en die Stormers verwelkom môre die Ierse span Ulster in Kaapstad. Die Bulle ontvang die Walliese span Scarlets op Loftus, terwyl die Haaie in Ierland teen Munster te staan kom. Die Bulle is tans derde op die punteleer, agter Edinburgh en Glasgow. Die Stormers is vierde, die Haaie vyfde en die Leeus elfde.
Rugby: Vyfde ronde van VRK gevolg deur maand lange onderbreking