# Rugby: Junior Springbok-hoofafrigter, Kevin Foote, het ‘n mededingende Junior Springbok-span van 31-spelers vir volgende maand se Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha aangewys. Vyf spelers wat reeds vir die Junior Bokke gespeel het, is ingesluit. Dit sluit drie spelers in wat verlede jaar aan die eerste-Suidelike Halfrond-toernooi in Australië deelgeneem het. Losvoorspeler Batho Hlekani, skrumskakel Haashim Pead, en agterspeler JC Mars is die drie wat hul tweede Rugbykampioenskap sal speel, terwyl losvoorspeler Wandile Mlaba en stut Herman Lubbe die twee ander terugkerende Junior Bokke is.
Rugby: Vyf ervare spelers ingesluit in groep vir Onder-20-Rugbykampioenskap