Skip to content

Rugby: Voormalige Wallabies kaptein Elsom twee jaar tronkstraf opgelê

# Rugby: ‘n Voormalige Australiese rugbykaptein, Rocky Elsom is twee jaar tronkstraf deur ‘n Franse hof opgelê na hy skuldig bevind is aan die misbruik van maatskappyfondse. Die 42-jarige is ook met 1,9 miljoen-rand beboet – waarvan die helfe opgeskort is – en hy is beveel om 4,7-miljoen-rand vergoeding aan die likwadateur van die Narbonne-rugbyklub te betaal waar hy tussen 2015 en 2016 die president was. Elsom se regsverteenwoordiger Yann le Bras, het gesê hy gaan teen die vonniss appelleer. Hy het ernstige prosedurale kwessies en bewyse aan die hof voorgelê wat Elsom sal toelaat om vrygespreek te word.