Skip to content

Rugby: Voormalige Bok-skrumskakel Ivan van Zyl sluit by die Haaie aan

# Rugby: Die voormalige Springbok-skrumskakel Ivan van Zyl gaan volgende seisoen by die Haaie aansluit. Hy het vir die Bulle gespeel toe hy in 2018 in ses toetse vir Suid-Afrika uitgedraf het. Van Zyl het in 2021 by Saracens aangesluit en 100 wedstryde vir die Engelse span gespeel en hulle ook verskeie kere aangevoer. Die 30-jarige Van Zyl is na Durban gelok na die Bok Grant Williams se vertrek na Japan. Saracens se direkteur van rugby, Mark McCall, sê Van Zyl het op en van die veld ‘n voorbeeld gestel.