Skip to content

Rugby: Voorlaaste groepsronde van Curriebeker breek aan

# Rugby: Drie Curriebekerwedstryde word vandag beslis en nog een Sondag, terwyl daar môre gefokus word op die eerste toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die Pumas verwelkom die Griekwas in Mbombela vanmiddag drie-uur, gevolg deur die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Stormers-23 op Loftus. Vanaand kom die Haaie-vyftiental en die Leeus in Pietermaritzburg teen mekaar te staan, en Sondag speel die Cheetahs en Boland in Bloemfontein. Die laaste groepswedstryde word volgende naweek gespeel, gevolg deur die halfeindstryde.