Skip to content

Rugby: Oorwinnings vir al vier die SA spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap

Rugby: Al vier die Suid-Afrikaanse spanne het hierdie naweek hul wedstryde in die United Rugby Championships gewen. Die Bulle het die verdedigende kampioene Glasgow met 26-19 op Scotsdoun-stadion verslaan, en die Haaie het Ulster in Belfast met 22-19 oorwin. Die Leeus het Connacht op Ellis Park met 26-7 geklop. Gisteraand was die Stormers uitstekend op hul tuisveld in Kaapstad en het Benetton met 56-5 geklop. Hierdie bonuspunt-oorwinning beteken dat die Stormers van die agtste na sesde posisie op die punteleer opskuif. Die tuisspan het sewe drieë aangeteken en Sacha Feinberg-Mngomezulu het 26 punte bygedra. Die rustydtelling was 30-0.