Skip to content

Rugby: Veteraanstut Malherbe steeds in Bok-prentjie vir volgende jaar se Wêreldbeker

# Rugby: Die veteraan-stut Frans Malherbe is nie uit die Springbok-prentjie nie. Hoofafrigter Rassie Erasmus sê hy bly deel van hulle beplanning vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië. Die 35-jarige het die laaste van sy 76 toetse in 2024 in Mbombela teen Argentinië gespeel nadat hy deel was van die Wêreldbeker-wenspan in 2019 en 2023. Erasmus sê Malherbe sukkel tans met ‘n rugbesering, maar behoort vroeg volgende jaar weer te kan speel. Hy kon sedert verlede jaar nie vir die Stormers speel nie.