Skip to content

Rugby: Veelsydige Bulle-agterspeler David Kriel skuif einde Junie na La Rochelle

# Rugby: Die veelsydige agterspeler David Kriel gaan die Bulle einde Junie verlaat en by die Franse span La Rochelle aansluit. Die 27-jarige verlaat Pretoria na ses seisoene waartydens hy 80 wedstryde vir die Bulle gespeel en 158 punte aangeteken het. Hy het ook 40 punte aangeteken in 20 kragmetings vir die Blou Bulle. Kriel is baie opgewonde om Franse kultuur aan te leer, nuwe mense te ontmoet en steeds te doen waarvoor hy lief is, maar is dankbaar vir almal wat sy tydjie op Loftus so aangenaam gemaak het.