Rugby: Ulster het die Stormers gepootjie onderweg na die uitspeelronde van vanjaar se Verenigde Rugby-kampioenskap toe hulle die Kapenaars in Belfast met 38-34 geklop het. Die Stormers het in die tweede helfte met 14 man alles in die stryd gewerp nadat hul kaptein, Neethling Fouche, ‘n rooi kaart ontvang het vir ‘n gevaarlike duikslag. Die rustydtelling was 17-elk. Die Bulle – wat tans derde lê – speel vanmiddag teen Zebre, en die Haaie – tans vierde – pak die voorlopers, Leinster, vanaand.
Rugby: Ulster pootjie Stormers op pad na die VRK-uitspeelronde