Skip to content

Rugby: Tukkies jaag vanaand rekord-sesde Varsitybeker-titel teen Arende

# Rugby: Tukkies van die Universiteit van Pretoria jaag vanaand ‘n rekord-sesde Varsitybeker-titel in sy tuis-eindstryd teen die Arende van Noordwes. Tukkies en Maties van Stellenbosch deel tans die rekord van vyf oorwinnings elk. Al die kaartjies is uitverkoop vir die wedstryd op die Tuks-stadion. Die wedstryd is ‘n herhaling van die vyfde ronde, toe die Arende die enigste span vanjaar geword het om Tukkies te klop. Die span van Noordwes het die kompetisie in 2016 en 2023 gewen.