Skip to content

Rugby: Toulon-senter Ma’a Nonu geskors na gevaarlike duikslag op Wandisile Simelane van Stormers

# Rugby: Toulon pak Glasgow Warriors Saterdag in die kwarteindronde van die Kampioenebeker sonder die legendariese All Black-senter Ma’a Nonu. Die 43-jarige is vir drie weke geskors na sy geelkaart vir ‘n gevaarlike duikslag op Wandisile Simelane in Toulon se oorwinning van 28-27 oor die Stormers in die ronde van 16. Nonu se skorsing is halveer nadat hy vuilspel erken het, en weens sy goeie dissiplinêre rekord. Hy mag weer op 27 April speel.