# Rugby: Hoë pryse word beskou as ‘n moontlike rede waarom kaartjieverkope vir die All Blacks se toerwedstryde traag is. Pryse begin by 650-rand vir Vrydag se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad, en wissel vir die wedstryde teen die Haaie in Durban, die Bulle op Loftus en die Leeus op Ellispark. Kaartjies is ook steeds beskikbaar vir die derde toets teen die Springbokke op die FNB-stadion in Johannesburg, wat wissel van een-duisend-650- tot vier-duisend-rand. SA Rugby het glo erken dat verkope vir die toerwedstryde van middelmagtig tot swak is.
Rugby: Talle kaartjies steeds beskikbaar vir All Blacks se wedstryde teen SA spanne