# Rugby: Drie van die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap was gister seëvierend. Die Stormers het hul onoorwonne rekord voortgesit om Bennetton gisteraand met 31-16 in Treviso, Italië, te klop en bo-aan die punteleer te bly. Vroeër het die Leeus sewe drieë teen Ulster op Ellispark gedruk en die Ierse span met 49-31 geklop. Die Haaie het hul wenlose veldtog beëindig en ‘n bonuspunt-oorwinning van 29-19 oor die Scarlets op Kings Park behaal. In hul wegwedstryd teen die Glasgow Warriors is die Bulle met 21-12 geklop.