Skip to content

Rugby: Stormers-senter Dan du Plessis verhuis na Bordeaux in Frankryk

# Rugby: Die Stormers-senter Dan du Plessis sluit volgende maand by die Franse reus Bordeaux aan. Die 31-jarige is die seun van die oud-Springbok Michael du Plessis en broerskind van die Bokke Carel en Willie. Hy het sedert 2016 altesaam 31 wedstryde vir die Stormers gespeel en 35 vir Westelike Provinsie, en altesaam 110 punte aangeteken. Du Plessis het ‘n tweejaar-kontrak met die Europese kampioen gesluit. Die Engelse klub Sale Sharks het volgens berigte ook in sy dienste belanggestel, maar hy het hulle winsgewende aanbod van die hand gewys.