Skip to content

Rugby: Stormers en Sharks skop vanaand naweek se aksie in Verenigde Rugbykampioenskap af

# Rugby: Die Haaie en die Leeus sal probeer om hierdie naweek onoorwonne te bly teen hulle onderskeie opponente met die Verenigde Rugbykampioenskap wat sy tweede ronde bereik. Die Stormers en Bulle sal ook wil voortbou op hulle sterk vertonings in die openingswedstryde. Die manne van KwaZulu-Natal speel vanaand om 9.05 SA-tyd teen die Dragons in Wallis. Die Stormers skop die naweek se aksie af in Kaapstad om 7nm teen die Ospreys terwyl die Bulle môre in Pretoria teen Leinster, die kampioene, speel en die Leeus speel Sondag teen Zebre.