Skip to content

Rugby: Stormers betaal die prys vir swak lynstane teen Edinburgh

# Rugby: Edinburgh se afrigter, Sean Everitt, het die flank Liam McConnell geprys omdat hy gisteraand die Stormers se lynstane op die Hive-stadion ontwrig het. Die besoekers het 11 lynstane afgestaan in hul nederlaag van 17-13. Een daarvan was in bykomende tyd nadat hulle ‘n strafskop na die hoeklyn geskop het in ‘n poging om die wedstryd te wen. Die Stormers se probleme het begin toe die Springbok-haker, André-Hugo Venter, in die 22ste minuut vir ‘n kopbeseringsondersoek van die veld moes gaan en nie teruggekeer het nie. Afrigter, John Dobson, sê die verlies van 11 lynstane het hulle waarskynlik die wedstryd gekos.