# Rugby: Die Springbokke het geweier om kommentaar te lewer oor afrigter Rassie Erasmus se skorsing van ses wedstryde en gesê die saak is sub judice. Die kwessie is tydens ‘n media-inligtingsessie in Dublin voor Saterdag se Nasieskampioenskap-toets teen Ierland as buite perke verklaar. Spelers Wilco Louw en Grant Williams is aan joernaliste beskikbaar gestel, maar die span se media-beampte het ingegryp toe vrae oor Erasmus geopper is. SA Rugby het ‘n volledige wangedragverhoor versoek en gesê dat hulle wil hê dat die afrigter die konteks van sy opmerkings oor wedstrydbeamptes moet verduidelik.
Rugby: Springbokke weier om kommentaar op Erasmus se skorsing te lewer