# Rugby: Rassie Erasmus se energieke, praktiese rol in die aanloop het die Springbokke op ʼn goeie plek gelaat voor vanmiddag se Nasieskampioenskap- kragmeting teen Ierland in Dublin. Die hulpafrigter, Mzwandile Stick, het aan die media gesê Erasmus se afwesigheid op wedstryd-dag sal nie ʼn groot uitwerking op voorbereidings hê nie, want dit word in elk geval deels deur spelers self gedryf. Die Internasionale Rugby-unie het Erasmus vir ses wedstryde geskors oor opmerkings oor wedstrydknoeiery. Afskoptyd op die Aviva-stadion is laatmiddag om 20 voor sewe.
Rugby: Springbokke op goeie plek ten spyte van Rassie se afwesigheid