# Rugby: SA Rugby sê daar is geen planne om te bie vir 2035 se Wêreldbekertoernooi nie, ondanks die kommentaar van die minister van Sport, Gayton McKenzie. Hy het dié week gesê hy sal nie rus voor Suid-Afrika die toernooi weer aanbied nie nadat die Springbokke die tuistoernooi in 1995 gewen het. Maar SA Rugby se president, Mark Alexander, en uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, sê dis finansieel onhaalbaar vir Wêreldrugby om die toernooi na Suid-Afrika te bring omdat hy finansieel die meeste in Europa baatvind uit sy beste geldmaker.
Rugby: SARU skiet minister McKenzie’s se droom aan skerwe om nog ‘n Wêreldbeker in Suid-Afrika aan te bied