# Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne kan nou net op die Verenigde Rugbykampioenskap fokus nadat hulle uitgeskakel is uit ander Europese kompetisies. Die Stormers en die Bulle het die naweek in die Kampioenebeker verloor en die Haaie in die Uitdaagbeker, terwyl die Leeus vroeër uitgeskakel is. Die Stormers is tans tweede op die VRK-punteleer en onderweg na ‘n tuis-kwarteindstryd. Die Leeus, die Bulle en die Haaie het nog baie werk voor as hulle onder die top-agt wil eindig.
Rugby: SA spanne fokus nou op VRK na hulle uit ander Europese kompetisies geskakel is