Skip to content

Rugby: SA Rugby veroordeel aanlyn mishandeling van wedstrydbeamptes

# #Rugby: SA Rugby het dreigemente en persoonlike aanvalle teenoor Wêreldrugby-amptenare veroordeel na die skorsing van Springbok-afrigter Rassie Erasmus vir ses wedstryde . Die skorsing het gevolg na sy kritiek op skeidsregtersbesluite tydens Suid-Afrika se nederlaag teen Frankryk verlede week. SA Rugby sê berigte van aanlyn intimidasie en beledigende gedrag is uiters kommerwekkend. Die liggaam het ook gewaarsku dat sommige kommentaar, insluitend KI-gegenereerde inhoud, nie die feite weerspieël nie. Die organisasie sê meningsverskille moet met respek en deur gevestigde prosedures hanteer word. SA Rugby het ‘n volledige wangedragverhoor aangevra om Erasmus se skorsing te betwis.