# Rugby: Suid-Afrika-A en Zimbabwe gaan op 20 Junie ‘n voorwedstryd speel vir die Springbokke se eerste wedstryd van die seisoen, teen die Barbarians in Gqeberha. Dit sal die Suid-Afrika-A-span se eerste kragmeting wees sedert ‘n Europese toer van 2022, terwyl die buurland die eerste keer sedert 1991 gekwalifiseer het vir die Wêreldbekertoernooi wat volgende jaar in Australië plaasvind. Bok-afrigter Rassie Erasmus beskryf die wedstryd as ‘n ongelooflike geleentheid vir albei spanne en sê Bokke soos Sacha Feinberg-Mngomezulu, Aphelele Fassi en Grant Williams het voorheen vir die A-span gespeel.
Rugby: SA A en Zimbabwe in Junie voorwedstryd vir kragmeting tussen Bokke en Barbarians