# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus is opgewonde oor die vooruitsig om teen Italië, Frankryk en Ierland tydens volgende maand se Nasieskampioenskap-toer te speel. Hy sê elkeen van die spanne hou verskillende bedreigings in en sal Suid-Afrika op uiteenlopende maniere ‘n uitdaging bied en aangesien hierdie wedstryde nou deel van ‘n kompetisie vorm, sal hierdie wedstryde verdere aansporing bied. Suid-Afrika het al drie toetse in die kampioenskap se eerste fase gewen, maar Erasmus waarsku dit is ‘n intense kompetisie en dit sal noodsaaklik wees om dadelik op volspoed te speel.
Rugby: Rassie verwag ’n taai uitdaging volgende maand in Europa