Skip to content

Rugby: Rassie sien De Villiers as die Bokke se volgende hibriede speler

# Rugby: Afrigter Rassie Erasmus glo Paul de Villiers kan die Springbokke se volgende hibriede speler word. Die 23-jarige flank het tot dusver beïndruk in sy drie toetse vir Suid-Afrika en Erasmus meen hy sal in ‘n noodgeval met gemak by die agterlyn kan inskakel. Hy sê De Villiers het in die afwesigheid van André Esterhuizen in verskeie posisies geoefen, insluitend skrumskakel. Esterhuizen het al as flank én senter vir Suid-Afrika gespeel. De Villiers begin Saterdag op die bank in die Nasieskampioenskaps- wedstryd teen Italië in Turyn.