# Rugby: Owen Farrell gaan môre die Britse en Ierse Leeus aanvoer teen ‘n Eerste Nasies- en Pasifika-vyftiental in Melbourne. Dit is die gewese Engelse kaptein se eerste verskyning in ‘n opdrafspan op die toer. Hy lei ‘n span wat die Walliese kragman Jac Morgan en die huidige Engelse kaptein, Jamie George, insluit. Alex Mitchell sal sy merkwaardige prestasie voortsit deur sover in elke wedstryd op die toer te speel nadat hy op die bank gekies is saam met Ben Earl en Marcus Smith.
Rugby: Owen Farrell gaan Leeus aanvoer teen Eerste Nasies en Pasifika-vyftiental