Skip to content

Rugby: Oortuigende oorwinning vir die Bokke teen Argentinië plaas hulle boaan die punteleer in Rugbykampioenskappe

# Rugby: Suid-Afrika het Argentinië gisteraand met 67-30 in hul Rugbykampioenskap-kragmeting by die Kingspark-stadion in Durban verslaan om tot bo-aan die punteleer te skuif met een ronde oor. Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het die rekord verbeter vir die meeste punte aangeteken deur ‘n Suid-Afrikaner in ‘n toets met 37. Hy het drie drieë gedruk, geslaag met agt doelskoppe en twee strafskoppe bygevoeg. Hy het Percy Montgomery se rekord vir die meeste punte in ‘n enkele toets geklop met sy driekuns van drieë uit die nege wat die tuisspan gedruk het. Hy is ook as Speler van die Wedstryd aangewys.