Skip to content

Rugby: Nieu-Seeland oorrompel die Blitsbokke by die Hongkong-sewes

# Rugby: Die Blitsbokke is uit die Hongkong-sewes uitgeskakel toe Nieu-Seeland hulle vanoggend in hul Groep B-kragmeting met 17-7 geklop het. Die Nieu-Seelanders het teen rustyd reed 12-0 voorgeloop. Hulle het in die eerste helfte die balbesit oorheers en Cody Vai en Dylan Collier het vir twee drieë deurgedraf. Ngarohi McGarvey-Black het dit verdoel. Vir Suid-Afrika het Donovan Don in die doodsnikke van die wedstryd ‘n troosdrie gaan druk, maar die wedstryd was reeds gewonne en die Blitsbokke se kans om die toernooi vir die eerste keer te wen, was van die baan.