Skip to content

Rugby: Nege Suid-Afrikaanse spelers ingesluit in VRK se Elite-vyftiental

# Rugby: Nege Suid-Afrikaners is ingesluit in die Verenigde Rugbykampioenskap se Elite-vyftiental wat die organiseerders aangekondig en deur ‘n media-paneel benoem is. Die Stormers word verteenwoordig deur die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu, die loskopstut Ntuthuko Mchunu en die agsteman Evan Roos, en die Bulle deur die haker Johan Grobbelaar, die slot Cobus Wiese en die skrumskakel Embrose Papier. Die ander Suid-Afrikaners is Ulster se vleuel, Werner Kok, en die heelagter Quan Horn en die flank Ruan Venter van die Leeus.