Rugby: Die Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu sal die Stormers se nommer tien-trui dra in vandag se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Kaapstad teen Connacht van Ierland. Dit sal ‘n emosionele geleentheid wees vir die gashere, wat hul oorlede bestuurder, Chippie Solomon, sal herdenk en ook afskeid neem van veteraan-haker Scarra Ntubeni, wat waarskynlik sy laaste tuiswedstryd sal speel voordat hy uittree. Die Stormers is tans tweede op die punteleer na die Glasgow Warriors van Skotland, en het ‘n goeie kans om vir die uitspeelrondes te kwalifiseer.
Rugby: ‘n Emosionele Stormers-span vandag teen Connacht in Kaapstad