# Rugby: Die Springbok-haker Bongi Mbonambi sal onmiddellik vir die Stormers uitdraf nadat hy op die bank gekies is vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Ierse span Ulster in Kaapstad. Hy is die Stormers se jongste aanwins nadat hy die Haaie verlaat het. Vernon Paulo sal die nommer-twee-trui dra. Daar is elf veranderings aan die span wat Scarlets verlede naweek geklop het. Kaptein Ruhan Nel keer terug van ‘n besering. Yaqeen Ahmed, wat volgende maand sy Springbok-buiging kan maak, en Cobus Reinach is die skakelpaar.
Rugby: Mbonambi draf dadelik vir die Stormers uit ná sy terugkeer