# Rugby: Die Bulle het verskeie veranderinge aangebring aan die span vir môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Munster opLoftus Versfeld. Kurt-Lee Arendse keer terug op vleuel, terwyl Stravino Jacobs ook terug is in die begin-vyftiental. Onder die voorspelers is kaptein Marcell Coetzee terug na ‘n besering en in die lostrio langs Cameron Hanekom en Elrigh Louw. In die tweede ry skuif Ruan Vermaak van die plaasvervangersbank saam met Ruan Nortje. Die Bulle hoop om ‘n vyfde agtereenvolgende keer na ‘n VRK-halfeindstryd deur te dring en uiteindelik te seëvier.
Rugby: Marcell Coetzee terug om Bulle in VRK-kwarteindstryd te lei