Skip to content

Rugby: Manie Libbok groet Stormers amptelik om by Japannese klubliga aan te sluit

# Rugby: Die Springbok-losskakel Manie Libbok is amptelik weg by die Stormers en het sy skuif na die Hanazono Kintetsu Liners in die Japannese Rugbyliga-een bevestig. Libbok, wat oor die naweek op sosiale media sy dankbaarheid uitgespreek het, het ‘n belangrike rol gespeel in die Stormers se onlangse sukses. Die 28-jarige spelskepper, bekend vir sy aanvallende vermoëns en akkurate skopskoen, het die Kaapse span in 2021-22 na hul eerste Vodacom VRK-titel gelei. Hy begin nou ‘n nuwe hoofstuk in die buiteland.